3G is die derde-generasie van sellulêre draadlose mobiele telekommunikasietegnologie. Dit is 'n opgradering tot 2.5G en 2.5G GPRS netwerke, welke 'n vinniger dataverplasings spoed bied.[1] Dit is gebaseer op 'n stel standaarde wat gebruik word vir mobiele toestelle en vir mobiele telekommunikasiedienste en -netwerke wat voldoen aan die Internasionale Mobiele Telekommunikasie-2000 (IMT-2000) spesifikasies wat deur die Internasionale Telekommunikasie Unie uitgereik is.
3G word gebruik in draadlose stem telefoonstelsels en vir mobiele internet -toegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV.[1]
3G-telekommunikasienetwerke ondersteun dienste wat 'n inligtingsoordragkoers van ten minste 144 kilogrepe per sekonde bied.[2][3][4]
Latere 3G-vrystellings, wat dikwels as 3.5G en 3.75G aangedui word, bied ook mobiele breëband toegang van verskeie megagrepe per sekonde vir slimfone en mobiele modems vir skootrekenaars. Dit verseker dat dit toegepas kan word op draadlose telefoontoestelle en vir mobiele internettoegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV-tegnologie.
'n Nuwe generasie van sellulêre standaarde is ongeveer elke tiende jaar sedert 1G-stelsels in 1979 en die vroeë tot middel-1980's bekendgestel. Elke generasie word gekenmerk deur nuwe frekwensiebande, hoër dataoordragtempo's en nie-terugwaarts versoenbare oordragtegnologie. Die eerste kommersiële 3G-netwerke is in 2001 bekendgestel.[5][6][7][8]